Malema en rugby-apartheid: twee kante van die saak
CURRY-KONTROVERSIE

Julius Malema het nie sy feite heeltemal reg oor die geskiedenis van rugby aan die suidpunt van Afrika nie, sê PIET CROUCAMP. Maar op 'n ironiese manier gee hy wel erkenning aan die rugbyspelers van die Oos-Kaap wat reeds in die 19de eeu lief was vir die spel en dit hulle eie gemaak het.
JULIUS MALEMA beweer dat Jan van Riebeeck se nasate 'n gesonde rugbykultuur aan die suidpunt van Afrika ontdek het. Ek dink sy feite is dalk nie heeltemal korrek nie, maar hy het wel 'n punt beet wat die fenomeen betref. In die Oos-Kaap is swart rugby histories aansienlik meer verwortel en selfs deel van die politieke identiteit van gemeenskappe as wat baie wit Suid-Afrikaners besef.
Reeds in die 1980's as student terwyl ek onder die aanmoediging van die vermaarde John Walter Donaldson Sondae in die townships van Crossroads, Nyanga, Gugulethu en die Paarl se Mbekweni rugby gespeel het, moes ek gewoond raak aan bonkige Xhosa-sprekende voorrye wat die bal met 'n onvoorspelbare systap gedra het. Op droë velde en in pawiljoene sonder sitplekke was daar Siya Kolisi’s, Beast Mtawariras en Makazole Mapimpi’s in oorvloed, maar die geleenthede en geld was min. Die pawiljoene was gepak met Oos-Kapenaars en bruin tjokkertjies wat hulle rugby geken en waardeer het. Die spel het dikwels 'n uur of twee laat begin, want die afskop moes wag vir die kerk om uit te kom.
Terloops, ek het in dié tyd ook 'n paar wedstryde saam met Vrye Weekblad se rugbykenner Louis de Villiers gespeel. Louis was die meeste van ons se intellektuele meerdere, maar in die middelveld was hy 'n kwotaspeler sonder 'n aftrap na enige kant; iets wat my herinner het aan Nataniël se vertelling dat hy twee jaar lank op skool slot gespeel het sonder om 'n enkele keer aan die bal te raak. Tot Louis se eer was hy 'n sprekende voorbeeld daarvan dat jy nie eiers hoef te kan lê om 'n volledige verstaan van natuurlike seleksie by gevleuelde dinosourusse te hê nie. En hy het darem ook daai keer vir die De Akker-15 twee drieë teen Ciskei se B-span gedruk...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Irritasies, verrassings en ’n snuffelurk
Ek wed my geld op die welsynsmeisie
’n Bok-vrou in ’n All Black stronghold
11 leierskapslesse wat die wêreld nou nodig het
Só melk jy ’n Wêreldbeker op jou rak
Deel
-
Deel
Piet Croucamp
Bydraende redakteurPiet Croucamp is al 29 jaar 'n dosent in die politieke wetenskap. Hy is tans verbonde aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool.