Om vas te klou aan die wiskunde van verlies

SMART HET GEEN AFSTAND NIE

Om vas te klou aan die wiskunde van verlies

Verlies is 'n getypoel met klotsende golwe – 209 dae nadat haar ma dood is, voel ANNELIESE BURGESS uiteindelik gereed om haar besittings te begin oppak en word sy oorweldig met 'n verlange so dig en verwarrend soos rook.

MY ma het net ná drie-uur op die eerste Donderdag in Augustus gesterf.

Ek het vergeet hoe moeilik dit is om te sterf. My pa het 'n jaar vantevore, amper in dieselfde week en in dieselfde kamer, gesterf. Dit was lank en uitgerek en onuitspreeklik wreed. Maar die verstand beskerm die hart en versag die skerp kante, anders sou ons nie kon voortgaan nie.

Terwyl ons kyk hoe die lykswa met haar liggaam die pad opry, is ek bewus van 'n gapende niksheid wat soos die mis in 'n koue vallei oor my neerdaal...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.