Yee-hah! Beyoncé doen die country-ding

MUSIEK

Yee-hah! Beyoncé doen die country-ding

‘Queen Bey' het met haar jongste album 'n opskudding in die konserwatiewe Nashville veroorsaak, skryf FRED DE VRIES.

SO, Beyoncé het 'n country-album gemaak. Wel, nie regtig nie. Maar Cowboy Carter gebruik beslis 'n paar country-uitdrukkings: Kyk net na die omslag waar ons haar op 'n wit perd sien sit, blonde hare, geklee in cowboyklere, met 'n Amerikaanse vlag in die hand, die helfte daarvan onsigbaar.

Verskeie songtitels dui ook op countrytemas, veral die enkelsnit “Texas Hold 'Em (https://www.youtube.com/watch?v=238Z4YaAr1g)", net soos sommige van die bydraers, Willie Nelson, Linda Martell, Miley Cyrus en Rhiannon Giddens. Die 47-jarige Giddens is veral van belang. Behalwe dat sy 'n pragtige stem het en 'n bedrewe banjospeler is, is sy bekend vir haar wye navorsing oor die swart wortels van countrymusiek, wat meer as 'n eeu terug strek. Haar teenwoordigheid verklaar beslis 'n deel van Beyoncé se missie: Vernietig die mite van countrymusiek as 'n wit genre, tans oorheers deur “bro's" soos Morgan Wallen, Luke Combs en Zach Bryan en regses soos Jason Aldean en Aaron Lewis.

Vroue het nog altyd tweede viool gespeel. En swart vroue verskyn nie eens in die geskiedenisboeke van countrymusiek nie. Daarom is dit so belangrik dat hierdie album Linda Martell betrek, wat in 1970 die eerste swart vrou was wat 'n countrytreffer geskep het, “Color Him Father"...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.