Noem my maar ’n Afrikaner, Ernst

OPPERWESE SE GRAP

Noem my maar ’n Afrikaner, Ernst

In verkiesingstye kan ALI VAN WYK homself nie keer om oor sy erfenis en identiteit na te dink nie.

RONDOM verkiesings dink ernstige kiesers onwillekeurig oor hulle identiteit. Wie is ek? Waar behoort ek? Identifiseer ek kultureel met my “eie mense” of rondom gedeelde belange met alle mense? Is taal, herkoms en godsdiens vir my politieke sake?

Die groot nuus van die verkiesing is hoe etniese nasionalisme sy skurwe ou kop optel. Kyk net na Jacob Zuma se indrukwekkende prestasie met die uMkhonto weSizwe-party, hoewel hy en sy dogter Dudu Zuma-Sambudla skynbaar die enigste mense is wat dink hulle moes veel beter gedoen het.

Dis ’n bevestiging dat Zoeloe-nasionalisme sterk en gesond is. Enigiemand wat twyfel oor die Zoeloe-aard van die party moet net kyk na die Zoeloe-kryger op die kenteken. ’n Merkwaardige feit, waaroor ontleders nie juis praat nie, is dat die IVP, Inkatha, wat oor vele verkiesings gekwyn het, skynbaar ’n klein ommeswaai gemaak het, ten spyte van ’n groot etniese Zoeloe-party wat reg langs hom ontstaan het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.