TESCREAL: die ideologie agter KI

UTOPIE OF RAMPSPOED?

TESCREAL: die ideologie agter KI

Die filosofieë wat navorsing oor kunsmatige algemene intelligensie beïnvloed, het 'n akroniem gekry – TESCREAL – maar dis steeds onduidelik of dit die mensdom na rampspoed lei, skryf WESSEL VAN RENSBURG.

WAAROM is daar soveel omstredenheid oor die vraag of ChatGPT en ander groottaalmodelle werklik “algemene" of menslike intelligensie toon? Hierdie instrumente is onteenseglik nuttig en vul take aan. Hoekom is prominente navorsers derhalwe steeds ontevrede en verwag dat dit menslike intelligensie oor 'n wye reeks gebiede moet toon? Beperkte KI-modelle, soos dié wat spesifiek opgelei is om nuwe proteïene te identifiseer, is tog sekerlik ook minder geneig om die arbeidsmark te ontwrig, terwyl hulle ons lewe makliker maak? En het jy gewonder wat die term kunsmatige “algemene" intelligensie (AGI) nou eintlik beteken?

Hoekom is sommige KI-kundiges voorts so oortuig dat AGI die mensdom sal uitwis? Eliezer Yudkowsky, stigter van die Machine Intelligence-navorsingsinstituut en lid van die rasionalisme-beweging, het aan Time gesê: “Many researchers steeped in these issues, including myself, expect that the most likely result of building a superhumanly smart AI, under anything remotely like the current circumstances, is that literally everyone on Earth will die." Dit kan 'n bietjie oordrewe klink, veral noudat ons 'n beter begrip het van waartoe die kragtigste groottaalmodelle eintlik in staat is. En hoekom, as dit so gevaarlik is, wil ons voortgaan om 'n superintelligensie te skep, wat tot onlangs OpenAI se verklaarde doelwit was en steeds die doelwit van Anthropic en Google se Deepmind is?

Toe Alan Turing die konsep van die Turing-toets in sy 1950-artikel “Computing Machinery and Intelligence (https://redirect.cs.umbc.edu/courses/471/papers/turing.pdf)" ontwikkel het, het hy nie die term “kunsmatige intelligensie" gebruik nie. Trouens, die term “AI" is eers in 1955 deur John McCarthy geskep toe hy die Dartmouth Summer Research Project on Artificial Intelligence voorgestel het. McCarthy het die term gekies omdat dit so neutraal was, aangesien navorsing op hierdie gebied tot in daardie stadium óf “kubernetika" óf “outomateteorie" genoem is, wat verskillende goed bestudeer het. In die voorstel vir die vergadering was dit duidelik dat sy belangstelling wyer as voorheen gestrek het, naamlik dat “elke aspek van leer of enige ander eienskap van intelligensie in beginsel so presies beskryf kan word dat 'n masjien gemaak kan word om dit te simuleer". ’n Tydperk van groot optimisme het gevolg, met navorsers wat naïef geglo het dat KI op menslike vlak relatief vinnig bereik kan word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.