Die bloed op Zuma se hande

DIE PRYS VAN TOESMEER

Die bloed op Zuma se hande

Jacob Zuma, die man wat nou dreig om Suid-Afrika onregeerbaar te maak, het oor die jare heen met moord weggekom – dalk letterlik. MAX DU PREEZ lê die getuienis teen hom uit in die moord van 'n belowende jong offisier van uMkhonto weSizwe in 1989.

JACOB Zuma word nie deur een enkele aanklag wat met staatskaping verband hou in die gesig gestaar nie, al wéét ons almal dat hy stukke van ons staat aan die Broers Gupta verkwansel het; dat hy staatsinstellings soos die inkomstediens in sy en sy weldoeners se belang uitgehol het; dat sakke vol kontant, staatsgeld van die intelligensiediens, kort-kort by sy huis afgelewer is.

Hy het so amper-amper met sy verneukspul by sy Nkandla-landgoed, vuurpoel en al, weggekom – net die media en 'n vorige openbare beskermer het in sy pad gestaan en hy is oor die vingers getik.

Hy het in 2005 aan 'n skuldigbevinding op die aanklag van verkragting van 'n jong lesbiese vrou, dogter van 'n ou MK-vriend, ontsnap. Die ANC het hulle agter hom geskaar en die vrou só gedemoniseer dat sy landuit gevlug het. Die ANC het selfs by hom gestaan toe hy verduidelik dat hy geweet het die vrou is MIV-positief, maar dat hy agterna 'n stortbad geneem het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.