Die een wat glimlag terwyl hy jou skade aandoen

ALBATROS VAN BLOEDVERRAAD

Die een wat glimlag terwyl hy jou skade aandoen

Eerder as die uitbouer van die Zoeloe-nasie, is Jacob Zuma soos sy voorvaders 'n uitverkoper aan imperiale magte – hulle aan die Britte en hy aan die Russe, skryf PIET CROUCAMP.

DIE regterlike kommissie van ondersoek na bewerings van staatskaping, gelei deur hoofregter Raymond Zondo, het minstens ten dele gefokus op die waarskynlikheid dat Jacob Zuma tydens sy nege jaar as president van Suid-Afrika die land uitverkoop het aan die Guptas, 'n ryk en invloedryke sakefamilie uit Indië.

Maar Zuma se weiering om voor die kommissie te getuig, wat uiteindelik tot sy tronkstraf gelei het, het 'n lang aanloop. Om die waarheid te sê, dit het 'n geskiedenis van byna 145 jaar.

Die albatros van bloedverraad teen sy eie mense is in die geskiedenis van Zuma en dié van sy klan, die Nxamalalas, opgeteken. Dit is 'n stigma waaraan hy, sy kinders en ook sy voorvaders nie kan ontkom nie. 'n Prekoloniale verraad wat konteks skep vir dit wat gelei het tot die Zondo-kommissie se bevindinge asook die ontstaan van die uMkhonto weSizwe Party (MKP) in Desember 2023...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.