’n Toeskouer van my eie geskiedenis

EK IS VERKEERD OPGEVOED

’n Toeskouer van my eie geskiedenis

Hy voel al hoe meer hy is nie geskik om met erns en gesag in die huidige era van ras- of etniese noodsaaklikheid te skryf nie, sê ISMAIL LAGARDIEN.

DIT is ’n vreemde ding wanneer jy sien hoe jou geskiedenis vertel word, in verhale en fabels, waarheid en mites, en jy geen kans of selfs ’n begeerte het om in te tree en jou stem te laat hoor nie.

Dit was nog altyd vir my fassinerend om geskiedenis dop te hou, meer spesifiek die verlede, hede en toekoms van bruin mense, soos dit deur Suid-Afrikaanse denkers, aktiviste en geleerdes geskryf word. Hoe meer ek lees, luister en die manier volg waarop die geskiedenis van bruin of Maleise mense vertel word, hoe minder vertroue het ek in my eie opvoeding. Maar dié kwynende vertroue was altyd ’n kenmerk van my volwasse lewe.

Sonder om hul werk gering te skat: Ek stem dikwels nie met hulle saam nie of voel in ’n mate ongemaklik oor baie van die werk oor bruin identiteit. Die feit bly: Ek voel al hoe meer ek is nie geskik om met erns en gesag in die huidige era van ras- of etniese noodsaaklikheid te skryf nie – ’n byna desperate en soms gerieflike strewe na verinheemsing deur voorvaderlike verering. Daar is oënskynlik ’n opsetlike onderdompeling van bepaalde geskiedenisse onder geriefliker hoofstukke om by heersende simpatieë, oorheersende ideologieë en tendense te pas. Dit ignoreer natuurlik die feit dat tendense kom en gaan...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.