Portret | ’n Vriendelike glimlag, ’n slinkse agenda en ’n giftige tong

WIE IS DUDUZILE ZUMA-SAMBUDLA?

Portret | ’n Vriendelike glimlag, ’n slinkse agenda en ’n giftige tong

Haar weelderige leefstyl en vurige ondersteuning van haar pa maak dat Duduzile Zuma–Sambudla al die ‘Ivanka Trump van Nkandla’ genoem is, maar agter haar keurige voorkoms en vriendelike glimlag is daar 'n venynigheid en 'n agenda wat haar veel gevaarliker as Donald Trump se dogter maak, skryf WILLEM KEMPEN.

IN al die jare wat Jacob Zuma se woeligste kind haar politiek hoofsaaklik op die digitale slagvelde van Twitter (en later X), Instagram en TikTok bedryf het, was dit taamlik maklik om 'n ongemaklike waarheid uit die openbare oog te hou: Haar Zoeloe is maar so-so.

Daarom was daar soveel verbasing toe sy in Mei 'n tolk ingespan het toe sy onverwags vir haar pa moes instaan om MK-ondersteuners in Wentworth in KwaZulu-Natal toe te spreek. Ja, Jacob Zuma se dogter is minder vlot in Zoeloe as die DA se wit premierskandidaat in die provinsie, Chris Pappas.

Haar reaksie op X op die bohaai daaroor was ook tipies Duduzile, want sy het dit probeer spin as 'n aanval op haar gebruik van Engels, terwyl die mense eintlik wou weet waarom haar Zoeloe so swak is:..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.