Afrikaanse TikTok-sterre: Niks onsmaaklik, net vermaaklik

SOSIALE MEDIA

Afrikaanse TikTok-sterre: Niks onsmaaklik, net vermaaklik

TikTok het afgetiek in Amerika en toe weer aangetiek. Hier by ons het CELESTE THERON, begelei deur Gielie Hoffmann, se opname van Afrikaanse TikTok-sterre gewys dat een gesegde waar bly ná al die jare van tech-revolusie: Afrikaners is plesierig.

GIELIE HOFFMANN is ’n skrywer en bestuurskonsultant van Pretoria met sy vinger op die pols van giere wat oral gons op sosiale media. Hy skryf oor alles wat hy sien en hoor, maar is veral lief vir Afrikaanse sosialemedia-geite wat hy blitsvinnig ontleed en deel op sy Instagram-platform. Jare lank al proes ek in my mou elke keer as Hoffmann weer iets eienaardigs opspoor. Met sy fyn-fyn waarnemingsvermoë is Hoffmann 'n meester in klein vinjette en karaktersketse, wat hy neerpen en op sy Facebook-blad plaas. Sy debuut as boekskrywer, Naam Van Dier Dorp (https://www.vryeweekblad.com/boeke/2024-12-18-waar-is-die-regte-naam-van-dier-dorp/), het einde 2024 verskyn en handel juis oor hierdie klein snippets of life. Dit is beskikbaar op sy webtuiste (https://www.gieliehoffmann.co.za/).

Ek vra hom uit oor wat 'n smaakmaker nou eintlik is, en wat hy dink van die TikTok-debakel onlangs in Amerika. Op 18 Januarie, enkele ure voor middernag, het die platform donker geraak en gebruikers ingelig dat die app verban is. Van Chinese oorsprong, gly TikTok al jare lank op dun ys van datatoegang-wette in die VSA. 'n Wetsontwerp wat vroeg in 2024 aanvaar is, het bepaal dat die platform se Chinese moedermaatskappy, ByteDance, van sy Amerikaanse bedrywighede afstand moet doen, óf sy Amerikaanse gebruikersbasis (meer as 170 miljoen mense) verloor. 

Sowat 12 ure nadat die spertyd verstryk het en die app dus verban is, is die diens egter herstel, danksy 'n uitvoerende bevel deur pres. Donald Trump op 20 Januarie wat TikTok 'n ekstra 75 dae gee om aan die wet te voldoen...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.