JUSTIN FOX het grootgeword met Breyten Breytenbach as deel van sy lewe vanweë sy vriendskap met sy ouers, die argitek Revel Fox en sy vrou, Suzanne. Voor ’n private herdenking vir die onlangs gestorwe digter skryf hy oor die banneling Breyten se kort terugkeer na Suid-Afrika saam met sy vrou, Yolande, in 1972.
BREYTEN BREYTENBACH se werk het die letterkunde en kunste in Suid-Afrika sowel as in die buiteland diep beïnvloed. Baie van sy omvangryke kreatiewe uitsette het temas van ballingskap, identiteit en geregtigheid vreesloos aangedurf. Sy pen was rapierskerp en hy het gemaklik in Afrikaans, Engels en Frans gewerk, in genres van poësie en prosa tot teater; asook in die beeldende kunste. Deur al sy werk werk skyn 'n onverdraagsaamheid jeens onreg en minagting van die wrede, korrupte leiers van sowel die ou as nuwe regime.
Breyten was gevat, saggeaard, vermaaklik en het 'n formidabele intellek gehad. Hy was van kleins af deel van my lewe. Lank voor ek gebore is, was hy vriende met my twee ooms, François en Uys Krige, asook my ouers en suster, Grethe. Breyten was in my skooljare in die tronk, maar sy vrou, Yolande, het lang rukke by ons gebly. Hy het sy eerste nag van vryheid in ons Nuweland-huis deurgebring, en moes in 'n stadium in my solderslaapkamer wegkruip (omring deur Spitfire- en Messerschmitt-modelle), 'n toneel wat in sy tronkmemoir, The True Confessions of an Albino Terrorist, onthou word.
Ten spyte daarvan dat hy 'n groot deel van sy lewe in Frankryk gewoon het, het Breyten 'n hegte, ingewikkelde en naelstringverhouding met Suid-Afrika gehad. In A Season in Paradise skryf hy: “This earth speaks as no earth anywhere else, my people lie buried in this ground ... I love this soil, this land with its people, as the eye loves the light.”..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
FAMILIEVRIEND VERTEL
Wyn, sang en besemstok in Breyten se paradys
JUSTIN FOX het grootgeword met Breyten Breytenbach as deel van sy lewe vanweë sy vriendskap met sy ouers, die argitek Revel Fox en sy vrou, Suzanne. Voor ’n private herdenking vir die onlangs gestorwe digter skryf hy oor die banneling Breyten se kort terugkeer na Suid-Afrika saam met sy vrou, Yolande, in 1972.
Deel
BREYTEN BREYTENBACH se werk het die letterkunde en kunste in Suid-Afrika sowel as in die buiteland diep beïnvloed. Baie van sy omvangryke kreatiewe uitsette het temas van ballingskap, identiteit en geregtigheid vreesloos aangedurf. Sy pen was rapierskerp en hy het gemaklik in Afrikaans, Engels en Frans gewerk, in genres van poësie en prosa tot teater; asook in die beeldende kunste. Deur al sy werk werk skyn 'n onverdraagsaamheid jeens onreg en minagting van die wrede, korrupte leiers van sowel die ou as nuwe regime.
Breyten was gevat, saggeaard, vermaaklik en het 'n formidabele intellek gehad. Hy was van kleins af deel van my lewe. Lank voor ek gebore is, was hy vriende met my twee ooms, François en Uys Krige, asook my ouers en suster, Grethe. Breyten was in my skooljare in die tronk, maar sy vrou, Yolande, het lang rukke by ons gebly. Hy het sy eerste nag van vryheid in ons Nuweland-huis deurgebring, en moes in 'n stadium in my solderslaapkamer wegkruip (omring deur Spitfire- en Messerschmitt-modelle), 'n toneel wat in sy tronkmemoir, The True Confessions of an Albino Terrorist, onthou word.
Ten spyte daarvan dat hy 'n groot deel van sy lewe in Frankryk gewoon het, het Breyten 'n hegte, ingewikkelde en naelstringverhouding met Suid-Afrika gehad. In A Season in Paradise skryf hy: “This earth speaks as no earth anywhere else, my people lie buried in this ground ... I love this soil, this land with its people, as the eye loves the light.”..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Breyten: Steeds onsigbaar agter die spieëlbeeld
Breyten se woorde vlieg steeds huis toe
’n Geblaf in die duiwehok van hooghartigheid
Afrikaans se grootste liriese minnaar
Ons staan op die kaai vir Breyten en waai
Stil mense, daar gaan ’n Grote verby
Deel
-
Deel
Justin Fox
Skrywer en fotograafJustin Fox is 'n skrywer en fotograaf en 'n voormalige redakteur van die tydskrif Getaway. Sy jongste roman, Hell Run Tobruk, handel oor die desperate stryd van Suid-Afrikaanse magte in Noord-Afrika tydens die Tweede Wêreldoorlog.