Van Rachel Kolisi tot Julius Malema: die Instagram-lewens van...

#INSTASELEBS

Van Rachel Kolisi tot Julius Malema: die Instagram-lewens van SA se beroemdes

In Suid-Afrika het die sosialemediaplatform Instagram in 2019 met 'n verbysterende 73% gegroei. Die meeste (gewone) mense gebruik dit as 'n visuele dagboek, maar vir glanspersoonlikhede oor die wêreld heen is dit nou dié plek waar hulle die geïdealiseerde weergawe van hulself aan die publiek verkoop. In Suid-Afrika gebruik al hoe meer selebs, politici (én hul vroue) ook ‘Insta' om 'n spesifieke beeld en boodskap uit te dra. ANNELIESE BURGESS het gaan rondsnuffel.

INSTAGRAM is die nuwe krag in sosiale media en die vinnigsgroeiende sosiale platform in Suid-Afrika. Daar is nou 6.6 miljoen Suid-Afrikaners wat hulle “beste lewe" op Instagram ten toon stel.

Dit is 'n visuele platform – foto's met filters om plooie te verdoesel of kleure te verryk – 'n hele gereedskapskis om jou beeld letterlik só te poets dat jy nie eens soos jouself hoef te lyk nie.

En dit is maklik en vinnig om te gebruik - jy kan wegkom met 'n foto, 'n paar emoji's en 'n hutsteken of twee, en voilà, jou geïdealiseerde weergawe van wie jy is word die wêreld ingestuur...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.