Grootpraat: 2019 se 5 lekkerste onderhoude

STORIES AGTER DIE STORIES

Grootpraat: 2019 se 5 lekkerste onderhoude

ANNELIESE BURGESS kies haar vyf gunsteling-onderhoude in Vrye Weekblad van 2019, en gee sommer 'n bietjie agter-die-skerms-agtergrond oor elkeen van die ontmoetings en gesprekke.

Die ANC se Derek Hanekom

Ek was mal oor my gesprek met oudminister Derek Hanekom. Ons het ure lank in 'n kafeetjie in Kaapstad koffie gedrink en ek het agterna nogal gesukkel met wat om in te sluit en wat om uit te laat, want daar was net so baie interessante goed.

Soms vloei 'n storie maar sy eie kronkelpad. Dit was só met hierdie profiel – van sy skooljare by Jan van Riebeeck in Kaapstad, deur sy hippie- en aktivisjare, en uiteindelik tot by die politiek van die nuwe Suid-Afrika. Vir iemand wat sulke diep spore getrap het, is hy 'n verfrissend reguit en verrassend beskeie man. (Hy het agterna op Twitter geskerts oor ons illustrasie en gesê dat dit “na bewering" hy is.)..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.