Van vroueregte tot geloof: Marthinus Basson bring ‘Anna’ terug ...

A-SPAN OP DIE VERHOOG

Van vroueregte tot geloof: Marthinus Basson bring ‘Anna’ terug na die teater

Die ikoniese Afrikaanse toneelstuk Ek, Anna van Wyk word vandeesweek by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees in Oudtshoorn opgevoer ter ere van die dramaturg Pieter Fourie, wat verlede jaar oorlede is. ILZA ROGGEBAND het een van die finale repetisies bygewoon.

“EK glo nie aan relevante teater nie. Dit word relevant wanneer ’n gehoor dit relevant maak.”

Marthinus Basson sit op ’n stoel agter ’n hoë tafel in ’n ateljee in Philadelphia buite Kaapstad. Meer boer as teatermaker met sy kenmerkende grys bokbaard, bril en kakie-onderbaadjie met die baie sakke. Hy en die rolverdeling van Ek, Anna van Wyk is pas klaar met ’n volle repetisie.

“Ek dink nie mense besef hoe groot Pieter se invloed op Suid-Afrikaanse teater was nie,” sê Basson, ’n boorling van Darling en self ’n meester in die Suid-Afrikaanse teaterwêreld...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.