Hoopvol en hêppie: 6 stories oor optimisme en oplossings in Mzansi

SUID SE PUNT

Hoopvol en hêppie: 6 stories oor optimisme en oplossings in Mzansi

ANNELIESE BURGESS is Vrye Weekblad se nie-amptelike optimisme-korrespondent (miskien omdat sy Twitter soos die pes vermy). Sy kies 'n paar van die stories wat haar hierdie jaar weer laat glo het in die inherente goedheid van Suid-Afrikaners, aan hoe oplossinggedrewe ons kan wees, en hoekom mens soms net moet sê #ekbly want dit is lekker hier.

Die beelde van die hartroerende verwondering van 'n jong skoolseun vir sy Springbok-rugbyhelde, eers aan hul voete en nou skouer aan skouer, het Suid-Afrikaners se verbeelding aangegryp.

Die laaste jaar of twee was bitter sleg vir Lebo Mogoma. Reg aan die begin van sy eerste jaar op hoërskool is sy held – sy pa – dood ná 'n stryd teen kanker. Lebo was skaars 13. LIRYN DE JAGER het deur die oë van Lebo gekyk na wat die Wêreldbeker-oorwinning en 'n ontmoeting met sy rugbyhelde vir hom beteken het.

Emigrasiestories krap haar om, skryf ANNELIESE BURGESS. Sy besef sy't miskien 'n skroef los, maar raak irrasioneel kwaad en geïrriteerd met die bevoorregting wat meestal met die bly-of-gly-debat gepaardgaan. Nie almal het die opsie om te waai as dinge hulle nie meer pas nie. Maar om te bly gaan vir haar ook oor 'n dieper hartsding, iets wat sy dink sy met miljoene ander Suid-Afrikaners deel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.