Die man wie se syfer-water die dors help les in ’n woestyn van ...

NOMMERPAS

Die man wie se syfer-water die dors help les in ’n woestyn van mislukking

In die droë landskap van Suid-Afrika se wanfunksionele staatsinstellings is Statistieke Suid-Afrika 'n blink uitskieter van wêreldgehalte. ANNELIESE BURGESS het gesels met Risenga Maluleke, die land se statistikus-generaal, oor hoekom syfers hom so boei en watter statistieke hom die meeste bekommer.

RISENGA Maluleke het grootgeword in 'n afgeleë nedersetting in die diep platteland van Limpopo, “op die grens van die Krugerwildtuin," vertel hy my op 'n warm middag op die foon vanuit sy kantoor in Pretoria. Ek het 'n afspraak vir net 30 minute en hou my vrae kort. Die sjarmante Maluleke kom dit agter en sê ek moet “ontspan" – ons kan gesels so lank as wat ek nodig het.

Waar kom sy belangstelling in wiskunde vandaan, spring ek weg.

Hy het al vir so lank as wat hy kan onthou “'n ding vir syfers", vertel hy, maar in die 1980's toe hy op skool was, was 'n goeie wiskunde-opvoeding nie regtig 'n swart kind beskore nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X