TULIO de Oliveira was 'n student toe hy in 1997 saam met sy familie Suid-Afrika toe gekom het. Sy ma was van Portugese afkoms en het in Mosambiek grootgeword, maar het na Brasilië verhuis toe die burger-oorlog uitbreek. In 1997, met die winde van verandering wat in Suid-Afrika gewaai het en Mandela wat staatspresident was, wou sy terugkom Afrika toe. Sy was 'n hooggeplaaste VN-amptenaar en wou betrokke raak by die herbouing van Mosambiek.
Die familie het hulleself in Durban gevestig, waar Tulio en sy suster aan die destydse Universiteit van Natal (nou Universiteit van KwaZulu-Natal) gaan studeer het. Tulio het reeds 'n graad van die Federale Universiteit van Rio Grande do Sul in Brasilië gehad, maar verwerf toe 'n meesters- en 'n doktorsgraad by die geneeskundeskool aan die UKZN, waar hy in bio-informasie gespesialiseer het.
Hy verdiep hom in die studie van MIV en tuberkulose maar ook, soos hy dit stel, “in al die ander groot epidemies in die wêreld": hepatitis B en C, chikungunya, dengue, Sars, Sars-CoV-2, zika, geelkoors ... 20 jaar lank is hy aan die voorpunt van navorsing oor virale siektes...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Imtiaz Sooliman: die man wat géé, géé, géé