Politici soos Cyril Ramaphosa word dikwels daarvan beskuldig dat hulle ANC-eenheid as die hoogste waarde ag. Dit mag so wees, skryf HANS PIENAAR, maar daaragter lê 'n geskiedenis wat eeue die verlede in strek.
TOE ek vroeg in die eeu in Mali was om die World Social Forum te dek, beland ek by 'n woestyntent om na 'n praatjie oor Esperanto te luister. Dit was nie weens 'n spesifieke belangstelling daarin nie, maar omdat die hele WSF-gebeurtenis so chaoties was.
Dit was so bedoel, die idee was juis om dinge so min moontlik te organiseer sodat spotaneïteit en ongebondenheid kon seëvier en só oorspronklike denke stimuleer onder die groepe linkse aktiviste wat vanoor die wêreld na Bamako, die hoofstad, gekom het. Die resultaat was voorspelbaar: Inligting oor wat waar en wanneer gebeur, was skaars en almal het op en af gejaag op “katakatanin” – motorfietstaxi’s. Die aantal ongevalle weens stukkende kniekoppe het glo die hoogte ingeskiet, so ook die pryse van ritte.
Ná 'n paar uur hiervan het 'n mens jou maar berus by waar jy jou bevind het en die beste van 'n slegte saak gemaak, wat in my geval daardie dag 'n goeie ding geword het. Die tent waar ek beland het, was lekker koel en die omie wat die lesing aanbied was bebaard en horingoud soos iemand uit Lord of the Rings, en ek dag toe ek sal ten minste ’n mooi foto van hom kon kry (behalwe dat my film toe opraak). Hy het daar aangekom, alleen, 'n tafeltjie en 'n kennisgewingbord opgeslaan en allerlei pamflette in 'n outydse styl uitgestal. Al die pad van Frankryk af...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
'N LANG GESKIEDENIS
Die onderskatte politiek van swart eenheid
Politici soos Cyril Ramaphosa word dikwels daarvan beskuldig dat hulle ANC-eenheid as die hoogste waarde ag. Dit mag so wees, skryf HANS PIENAAR, maar daaragter lê 'n geskiedenis wat eeue die verlede in strek.
Deel
TOE ek vroeg in die eeu in Mali was om die World Social Forum te dek, beland ek by 'n woestyntent om na 'n praatjie oor Esperanto te luister. Dit was nie weens 'n spesifieke belangstelling daarin nie, maar omdat die hele WSF-gebeurtenis so chaoties was.
Dit was so bedoel, die idee was juis om dinge so min moontlik te organiseer sodat spotaneïteit en ongebondenheid kon seëvier en só oorspronklike denke stimuleer onder die groepe linkse aktiviste wat vanoor die wêreld na Bamako, die hoofstad, gekom het. Die resultaat was voorspelbaar: Inligting oor wat waar en wanneer gebeur, was skaars en almal het op en af gejaag op “katakatanin” – motorfietstaxi’s. Die aantal ongevalle weens stukkende kniekoppe het glo die hoogte ingeskiet, so ook die pryse van ritte.
Ná 'n paar uur hiervan het 'n mens jou maar berus by waar jy jou bevind het en die beste van 'n slegte saak gemaak, wat in my geval daardie dag 'n goeie ding geword het. Die tent waar ek beland het, was lekker koel en die omie wat die lesing aanbied was bebaard en horingoud soos iemand uit Lord of the Rings, en ek dag toe ek sal ten minste ’n mooi foto van hom kon kry (behalwe dat my film toe opraak). Hy het daar aangekom, alleen, 'n tafeltjie en 'n kennisgewingbord opgeslaan en allerlei pamflette in 'n outydse styl uitgestal. Al die pad van Frankryk af...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Voëls van eenderse, bloederige vere
Van plaasmoorde tot die Albertstraat-brand
Hoog en suiwer tussen die pale deur
100 jaar van geheime oorloë teen die Ndebele
Agter die kaderbabbel oor swart en wit in skole
Tjorts op ons eie Boere-Joyce
Deur die oog van die inspuitnaald
Prins Flip en die Donderbuyse
Deel
-
Deel
Hans Pienaar
SkrywerHans Pienaar is ’n skryfgenoot van die Johannesburg Institute for Advanced Study en skryf dramas, romans, kortverhale, gedigte en niefiksie in Afrikaans en Engels. Hy werk vir Vrye Weekblad.