Jacques Marais
FotojoernalisJacques Marais is ná meer as drie dekades as 'n fotojoernalis alom bekend as #DieOom, veral in sport- en avontuurkringe. Hy was in 'n stadium 'n elektroniese ingenieur, maar probeer om nie te veel oor hierdie sewe benewelde jare in Klerksdorp te praat nie. Dit was juis hier in die verre Noordweste dat hy die eerste keer vir Vrye Weekblad geskryf het. Sy volgende artikel was vir Scope Magazine, en die R500-tjek was net wat hy nodig gehad het om sy rug op die mynwese te draai … dis sowat 14 boeke en 'n paar duisend artikels in die verlede. Afrika se wawye vlaktes, groot riviere en moer-en-gone-pieke is sy kerk, en wanneer hy kan, reis sy familie saam (die kinders kla net nou en dan oor die gebrek aan wi-fi en toiletgeriewe). Loer na sy blogs by www.jacquesmarais.co.za.
Diamantkus: Branderplankryer-paradys