Ruig met intrige, soos ’n goeie skinderstorie

DIE HUIS VAN DEURE

Ruig met intrige, soos ’n goeie skinderstorie

FOURIE BOTHA het met Tan Twan Eng gesels by die bekendstelling van sy nuwe roman. En wind gehap.

DIE wêreld het in 2012 waarlik van die skrywer Tan Twan Eng begin kennis neem toe sy roman The Garden of Evening Mists die kortlys vir daardie heilige graal, die Booker-prys, gehaal het. Om die aardbol heen het lesers in die boek ’n strelende stem soos ’n kabbelende stroom deur ’n Japannese tuin iewers in Kioto gevind. Veral Westerlinge kon kyk na Tan se tuin soos ons na die mooi gepoeierde gesiggies in Memoirs of a Geisha kon kyk, al speel die verhaal af in Malaya, eens ’n Britse kolonie op die skiereiland Malakka en tans deel van Maleisië.

(Ook kon die versigtiges ’n rukkie lank vergeet van Edward Said se ou boek Orientalism, wat wys hoe daar neerhalend na die Ooste gekyk word, en kon hulle hulle na hartelus verlekker in die water features, die prentjie van mosbegroeide pagodas, reuserotse versigtig geplaas en gruis pynlik netjies gehark, want dit is mos oukei as ’n man van Maleisië hierdie beelde optower.)

Onlangs kry ek die geleentheid om vir Tan die vrae tydens die bekendstelling van sy jongste roman, The House of Doors, in Kaapstad te vra. Die Book Lounge bars uit sy nate. Tan is uitgevat in ’n netjiese pak. Hy lyk soos die Kuala Lumpurse prokureur wat hy in die verlede was. Die oënskynlike orde in die skrywer se oeuvre, om so deur die tuin in die vorige boek nou tot by ’n huis te vorder, is, nes die perfekte dasknoop, diep bevredigend...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.