Fratse, grieselrigheid, spoke en tere liefde

VICTORIAANSE GOTIEK

Fratse, grieselrigheid, spoke en tere liefde

LINZA DE JAGER is 'n rariteitsjagter wat stories betref en sy is meegevoer deur 'n eksentrieke debuutroman.

HIERDIE boek is soos ’n sterk kerrie. Dit laat my tas na byvoeglike naamwoorde. The Knowing speel af tydens die Victoriaanse era in die berugte Five Points-slum van New York. Dis ’n plek van armoede, prostitusie en bendes. Skoling is hier nie, en kos is min. Die plek stink en dis besig om in die grond in te sink, verneem die leser. Dis ’n mishoop, maar dis ook die plek waar liefde gaan blom.

Wanneer die heldersiende tatoeëerkunstenaar Flora se pad kruis met dié van die dwerg Minnie (wie se verhoognaam Wilhelmina the Armless Wonder is), gebeur iets wat nie een van die twee voorsien het nie. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar. Flora is in hierdie stadium van die geveg ongeveer 19 jaar oud, maar sy is nie seker nie. Sy is immers ongeletterd. Sy bly by Jordan Whittaker, die eienaar van ’n tatoeëersalon. Wanneer hy nie tatoes doen of drink nie, slaan of verkrag hy haar, en hy tatoeëer haar ook sodat sy soos ’n wandelende skildery lyk. Maar sy is allesbehalwe ’n gebore slagoffer en haar lewe gaan verander.

Op haar weeklikse afdag ontmoet Flora vir Minnie en haar swart vriend Abernathy, nóg ’n ongewone karakter. Dis ’n ongemaklike ontmoeting, belaglik selfs. Flora het teen Abernathy gestamp en dit lyk of sy hom wou besteel. Sy besef sy moet haarself vir eens laat geld of as ’n sakkeroller gesien word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.