Kerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.
KERNEELS LEES WYD
Katvis, ware liefde en oorgewig
KERNEELS BREYTENBACH was verstom oor een vrou se gender-fluïditeit, 'n roman oor onsterflike liefde en 'n ondersoek na dieetpille.
Deel
DIE lewe is wonderlik. Iewers is daar altyd iemand wat na ons omsien. Ek het self al van verskeie mense gehoor wat miljoene dollars aan my nagelaat het. Ek het die kennisgewings nooit opgevolg nie. Ek bly arm, want ek ken ’n twakstorie as ek dit sien. Maar in Amerika, die land van oorvloed en wonderbaarlikheid, is daar mense wat die twak tot ongelooflike hoogtes ontwikkel het.
Het jou, katvis!
Lui die naam “Emily Slutsky” ’n klokkie? Nee? Nou gaan Google dit: “Emily Slutsky is 'n tegnologiese professionele persoon met 'n agtergrond in wetenskap en ingenieurswese. Emily se lang en suksesvolle opvoedkundige reis het haar met die nodige vaardighede toegerus om hierdie nuwe era van tegnologiese uitdagings aan te pak. In 2007 het Emily Slutsky aan die Massachusetts Institute of Technology (MIT) met 'n BSc-graad in kerningenieurswese gegradueer. Sy het toe haar meestersgraad in toegepaste fisika aan die Columbia-universiteit voltooi. Gedurende haar tyd aan die Columbia-universiteit het Emily ervaring as 'n kliniese navorsingsgenoot by die Kardiovaskulêre Navorsingstigting in New York opgedoen. In 2009 het Emily Slutsky haar studies na die buiteland geneem en haar MD aan die University College Cork School of Medicine verwerf.” (Volgens haar eie webwerf.)..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Intimiteit-connoisseur verken herontwaking
Hoe om oor seks te skryf
Eerder gastronomies as betotterd
Die skermgenerasie, Munro en gender
Van Africana tot Callas
Deel
-
Deel
Kerneels Breytenbach
SkrywerKerneels Breytenbach is ’n ouduitgewer en joernalis van Kaapstad. Uit sy pen het verskyn die kortverhaalbundel Morsdood van die honger, die romans Glimlag, Piekniek by Hangklip, Ester en Hond se gedagte, en die kookboek Die lekkerste lekker. Hy skryf dikwels vir tydskrifte oor kos en restaurante, en het as joernalis ook bekend geword as kenner van popmusiek.