SATERDAG MET DEBORAH STEINMAIR
Die loon van witgeit
Ons boekeredakteur wonder oor bevoorregting, dink na oor apologie en is aan die dwelmbase se kant in 'n ontstellende Netflix-reeks. En sy vertel jou van Vrye Tyd, Boeke en Agterblad, ons lekkerstes vir laaste.
SATERDAG MET DEBORAH STEINMAIR
Die loon van witgeit
Ons boekeredakteur wonder oor bevoorregting, dink na oor apologie en is aan die dwelmbase se kant in 'n ontstellende Netflix-reeks. En sy vertel jou van Vrye Tyd, Boeke en Agterblad, ons lekkerstes vir laaste.
Deel
VANDEESWEEK was ek by die bekendstelling van ’n toeganklike akademiese boek: Ordinary Whites in Apartheid Society deur Neil Roos. Ek was ’n nooi Roos, maar my pa en sy broers was “good white men” – dis nie ’n aanbeveling nie, dit beteken dat hulle geleef het soos die Natte wou hê wit mans moes lewe: hulle het hard gewerk en gehoorsaam en apart die wages of whiteness gepluk, sonder gewetenswroeging.
Neil se pa was ’n rebel; hy was 'n Smuts-man, het in die wêreldoorlog geveg en die Natte se baasspelerige rassisme het hom dwars in die krop gesteek. Sy daad van rebellie was om geen ambisie te hê nie en nie soos ’n goeie wit man te leef nie. Dit was jare waarin die naalde van morele kompasse verroes het.
En ons moenie nou kom sê ons het nie ’n aandeel daarin gehad nie, dit was voor ons tyd, ons hande was afgekap nie, sê Roos, met reg. Al word almal dieselfde betaal vir dieselfde werk, geniet ons steeds die wages of whiteness: intergenerational wealth, toegang tot goeie skole toe ons kinders was ensovoorts...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Hier’s ek weer met my rooi rok voor jou deur
As sportsterre besluit om nié stil te bly nie
Oor rassisme en reflektiewe rassehaat
Noem my maar ’n Afrikaner, Ernst
Die opsigter
As ou wit mans geskenke moet bring
Oor rassisme, diversiteit en musiek
Deel
-
Deel
Deborah Steinmair
BoekeredakteurDeborah Steinmair is ’n bekroonde skrywer en onversadigbare leser. Sy was al twee keer die Rapport-kykNET-boekresensent van die jaar.