Die opsigter

ARM BLANKES

Die opsigter

Armoede is maklik om te sien, maar moeilik om te definieer, skryf VIV VERMAAK, wat self onlangs haar werk verloor het.

DAAR is blase op haar hande van al die harde werk, haar arms is vol spiere en sy dra nie skoene nie. Ook nie 'n bra nie. Vir wat? Sy is nou nog op diens. Sy sal haarself netjies maak as sy Checkers toe gaan om mieliemeel te koop, maar eers moet die toilette geskrop word. Dan moet sy die jaart uitvee; met 'n hark of 'n besem, maak nie saak nie, wat ook al beskikbaar is. As sy nie 'n masjien in die hande kan kry nie, sal sy self per hand die gras met die tuinskêr klaar sny voor die huiseienaar terugkom, want sy wil haarself bewys. Boonop sal sy haar kamer verloor as die man nie tevrede is nie.

Op 44 is sy is nie jonk nie, maar sy werk luidrugtig en flink. Haar liggaam is log en haar enkels geswel van gesondheidsprobleme, maar dit stuit haar nie. Sy is trots op haarself want sy is nou die opsigter. “Tannie!” roep sy opgewonde vir my van oorkant die straat af. “Het Tannie nie vir my 'n grassnyer om te leen nie?” Sy glimlag breed terwyl sy die sweet van haar voorkop afvee. Haar tande is skeef. Daar is geleriges en bruineriges. Ek het geskrik toe ek haar die eerste keer sien.

Ek dink ek het nie besef daar is nog “sulke” mense nie. Armblankes. Veral nie wat reg oorkant my bly nie. Kan mens die woord hardop sê? Ek het nie eers geweet hoe om dit hardop te dink nie. Hoe identifiseer mens 'n armblanke? Daar is 'n kwaliteit aan die vel wat vir jou sê die persoon spandeer baie tyd buite en nie in 'n kantoor nie, is dit wat dit is? Ons is immers al lankal nie meer boere nie, ons is stedelinge, so ons velle is minder gerimpeld en bruin, so waarvan praat ek nou? Die Boere-oorlog en die armblanke-vraagstuk is lankal verby, aldan nie? Genugtig, almal kan al Engels praat. My eie reaksie was vir myself nogal steurend. Ek kan eerlik wees hier en dit in sy essensie beskryf as 'n tipe rassisme of ten minste 'n bekrompe en veroordelende houding wat 'n sin van meerderwaardigheid ten doel stel...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.