Die goed wat ons saam met ons dra

SALIGE SONDAG MET ANNELIESE BURGESS

Die goed wat ons saam met ons dra

ANNELIESE BURGESS vertel hoe 'n boek oor die Viëtnamoorlog haar kop in twee rigtings laat loop het – hoe die blote fantasie van 'n liefde soms vertroosting bring, en die goed wat ons saamdra met ons. Sy deel ook 'n gedig en maak op vir verlede week se leë aanbevelingspens.

Goeiemôre

Ek groet van 'n wit-gerypte Bannockburn. Die gras het soos glas gebreek onder my voete toe ek, in jas en mus gepantser, die randjie agter die huis uitgeklim het vanoggend. Die koffie rook in my koppie op die boonste kranse met die son wat flou oor die horison sypel. Die gedweë lig van winter met die koue wat sny soos 'n lem. 'n Moment en 'n plek van absolute gelukkigheid.

Ek het vroeër die week weer begin lees aan The Things They Carried deur Tim O’Brien. Dit is 'n versameling aanmekaar-gekoppelde kortverhale oor 'n peloton Amerikaanse soldate in die Viëtnamoorlog (O'Brien was 'n soldaat in die 23ste Infanteriedivisie). Dit het my hierdie keer net so diep geraak (en geruk) soos toe ek dit die eerste keer as 'n 22-jarige gelees het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.