WAT is die waarde van die rand op die oomblik dat jy hierdie lees?
’n Presiese antwoord is onmoontlik, want daar is te veel veranderlikes, en elkeen van hulle verskil van sekonde tot sekonde. Die rand gaan byvoorbeeld nie dieselfde waarde hê vir ’n Suid-Afrikaner wat vanoggend selfone uit China wil bestel as vir ’n Britse toeris wat wil weet hoeveel sundowners sy vanaand vir ’n pond op Laer-Sabie se dek kan kry nie.
Daarom is dit nuttig om ’n maatstaf te hê wat darem by benadering 'n antwoord op ons vraag kan gee, en wat nie drasties sal verskil afhangende van die tyd van die dag of waar op die planeet ons ’n transaksie wil doen nie. Die beste sodanige maatstaf wat ons die afgelope dekades het, is die Amerikaanse dollar. Met die greenback kan jy enige tyd van die dag en enige plek op die aardbol enigiets koop van olie uit Luanda tot goud uit Benoni tot ’n mail-order bride uit Moskou...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.