Maak ’n afspraak met geluk

OM TE FLOREER

Maak ’n afspraak met geluk

Geluk (hoekom het Afrikaans dieselfde woord vir ‘luck’ en ‘happiness’?) beteken vir elkeen iets anders. Dit is uiters subjektief, maar die teenoorgestelde daarvan is minder so: die beige niemandsland van onvergenoegdheid, die donker put van depressie, die verlammende melancholie wat kom as die sin van die lewe nie meer duidelik is nie. ANNELIESE BURGESS kyk na wat die wetenskap sê oor geluk en wat jy kan doen as dié gevoel vir jou 'n vreemdeling geword het.

ONS reis om die wetenskap van geluk te verstaan skop af in 1998 in Akamul, Meksiko. Dr. Martin Seligman, 'n sielkundige aan die Universiteit of Pennsilvanië, is toe pas aangestel as die voorsitter van die American Psychological Association (APA), en dit was gebruiklik vir 'n nuwe voorsitter om 'n tema vir sy jaar te kies.

Seligman wou wegbreek (http://content.time.com/time/magazine/article/0,9171,1015832-1,00.html) van die tradisionele fokus van sielkunde. “Ek het besef dat ons professie halfgebak was. Dit is nie genoeg om net te fokus op psigiese ongesondheid nie, ons moes ook kyk na dit wat mense help om te floreer."

Hy nooi toe vir Ray Fowler, 'n invloedryke voormalige voorsitter van die APA, en die Hongaars-gebore sielkundige Mihaly Csikszentmihalyi om die idee te kom bespreek. Csikszentmihalyi het in daardie stadium reeds bekendheid bereik vir sy navorsing oor “flow" – die gevoel van totale verdieping in 'n kreatiewe aktiwiteit wat byvoorbeeld deur atlete en musikante ervaar word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X