Histerie: Die talmende mite van die wandelende baarmoeder

SÓ IS VROUE NET 'DRAERS VAN BABAS'

Histerie: Die talmende mite van die wandelende baarmoeder

Eeue lank was dit net vroue wat kon ‘histeries’ raak. Dit is gesien as ’n mediese toestand wat aan baarmoeders toegeskryf is. En hoewel histerie as toestand sedert die vroeë 1980’s nie meer in mediese boeke omskryf word nie, verduidelik ELSABÉ BRITS, word vroue steeds sosiaal beheer deur hulle baarmoeders.

SY stotter onsamehangend, is irrasioneel en geneig om onmatig te skreeu of huilend te begin brul. In sulke tye is sy geneig om enige buitensporigheid aan te vang. Emosioneel, onverantwoordelik, én onnosel.

Sy is dalk ’n gek maagd, ’n onvrugbare vrou, ’n heks, of ’n hoer. Histeries. Sy is elkeen van ons en ál die miljoene vroue voor ons.

Reeds 4,000 jaar gelede is die eerste psigiatriese siekte (https://www.nature.com/articles/3101327) wat net aan vroue toegeskryf is op ’n stuk Egiptiese papirus aangeteken. Die oorsaak? ’n Spontane beweging van die baarmoeder, glo “opwaarts van die pelvis af, met druk op die diafragma en wat bisarre fisieke en geestessimptome veroorsaak"...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.