Geheueverlies: Wanneer moet jy bekommerd raak?

BREINVERSORGING

Geheueverlies: Wanneer moet jy bekommerd raak?

ANNELIESE BURGESS het al baie kosbare ure van haar lewe na haar motor op parkeerterreine gesoek. En na sleutels. En fone. En probeer om mense se name te onthou. Haar pa het ook en hy het weens 'n uiterste vorm van demensie gesterf. Wanneer moet jy oor vergeetagtigheid begin bekommerd raak?

WANNEER jy dié paragraaf lees, sal jy waarskynlik voel dat minstens een van hierdie voorbeelde presies op jou van toepassing is: om skielik nie 'n woord, 'n boek of 'n fliek se naam te kan onthou nie (jy moet dit Google); om 'n vriend of familielid se naam te vergeet (ek moet gereeld oor al my broers se name nadink voordat ek die regte een vind); of om daardie woord op die punt van jou tong te hê, maar dit nie met die beste wil ter wêreld te kan onthou nie.

“Sommige mense se verstand is bloot minder georganiseerd, en mense het ook verskillende waarnemingsvermoëns,” sê John Wilkinson, ’n kliniese sielkundige van Kempton Park met omvattende ondervinding in die behandeling van Alzheimer-pasiënte.

“As jy dus nie jou motorsleutels kan opspoor nie, is dit gewoonlik net 'n geval van deur die blare wees. Wanneer jy die huis binnekom, trek jou gedagtes reeds by die volgende ding, so jou geheuebank liasseer nie die inligting van waar jy jou sleutels neergesit het nie. Dit is heeltemal normaal. Dieselfde geld die vergeet van 'n naam of 'n woord. Een of ander vorm van ouderdomsverwante geheueverlies is ook heeltemal normaal. Jy hoef jou eers te begin bekommer wanneer jou geheueverlies jou vermoë om normaal te funksioneer begin beïnvloed."..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.