Die tronk van slapeloosheid (en hoe om daaruit te ontsnap)

DONKER NAGTE VAN DIE SIEL

Die tronk van slapeloosheid (en hoe om daaruit te ontsnap)

Dit is die mees algemene slaapsteurnis en raak een uit elke drie mense. En dit kan jou tot op die rand van waansin dryf. Dis geen wonder slaapontneming word as ’n marteltegniek gebruik nie, sê ANNELIESE BURGESS. Ons verstaan ​​nog nie insomnie se meganismes ten volle nie, maar daar is 'n toenemende konsensus dat één terapie jou uit die kloue kan bevry.

SLAPELOOSHEID is 'n teken, 'n simptoom en 'n verskrikking. Jy lê en kyk hoe die horlosie die sekondes, die minute, die ure aftel. Jou angsvlakke styg. Jy weet jy móét slaap. Donker kwellinge rys soos golwe uit jou onderbewussyn. Tik. Tik. Tik. En dán, uiteindelik, die eerste lig. En die wete dat jy weer misluk het.

Ek kon vroeër op aanvraag slaap. Op 'n vloer. In 'n vliegtuig. Vroeg of laat. Maar dis nou al 'n geruime tyd dat my slaappatrone heeltemal deurmekaar is. En nie een van die vele “slaaphigiëne"-wenke werk nie. Laventelolie op jou kussing of in die bad. Geen alkohol of koffie nie. 'n Swaar kombers. Geen elektroniese toestelle in die kamer nie. 'n Donker kamer. 'n Koel kamer. Wit geruis. Niks.

Slapeloosheid tap jou energie, maak jou stadig, huilerig, dom, irrasioneel. Neem jou tot op die rand van wat voel soos waansin. Geen wonder slaapontneming word as 'n marteltegniek gebruik nie. Marcel Proust, 'n beroemde insomniak, het daarna verwys as “lewe in 'n soort dood wat deur kort ontwakings onderbreek word"...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.