Joodse Literêre Fees bou bande, van boekgesprekke tot...

DIEP SKRYFTRADISIE IN JOODSE GELEDERE

Joodse Literêre Fees bou bande, van boekgesprekke tot menseregte en kosjer-wyn

LAURIE GAUM en AMELIA BURGER het 'n fees in Kaapstad bygewoon.

  • 07 April 2023
  • Klubhuis
  • 4 min om te lees
  • artikel 24 van 30
  • Laurie Gaum en Amelia Burger

NADAT ons pas ’n paar sessies by die eerste Books on the Bay-fees in Simonstad bygewoon het en beïndruk is deur die nuwe potensiaal in die omgewing, kom die Joodse Literêre Fees se program onder ons aandag. Dit is op Menseregtedag by die SA Joodse en Holocaust-museums in Kaapstad en in die Tuine-sinagoge aangebied. Daar was letterlik in elke tydgleuf iets wat ons getrek het, hoewel ons smaak tussen effens en drasties verskil.

Vanjaar was die vierde fees sedert 2016, en dit kom nou weer in die vlees op dreef ná die Covid-pandemie. Dis een van daardie meer hanteerbare feeste waar die hele program op een A4-bladsy inpas en waar jy ’n dagpas koop wat alles insluit, selfs ’n veganistiese ete, ’n koffie/tee en ’n wynproe (heel opvoedkundig van kosjer-wyn).

Vooraf word ons ingelig om betyds ons opwagting te maak sodat ons deur die sekuriteit kan gaan waarvoor hierdie perseel (en dikwels ook ander Joodse byeenkomste) bekend is. Moeiteloos, darem. En ons word per e-pos versoek om tog, indien ons nie die kaartjies gaan gebruik nie, die organiseerders te laat weet omdat die fees tjok-en-blok bespreek is...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.