Maak Nettie Pikeur se dagga-fudge vir Kersfees

FYNPROE

Maak Nettie Pikeur se dagga-fudge vir Kersfees

NETTIE PIKEUR pluk haar voorskoot aan vir ’n Krismisbuiging in die kombuis en maak van ham tot hasjish vir Kersfeeste oud en nuut.

KERSFEES het altyd begin met Oupa se voorlesing uit die groot ou Bybel: En in daardie dae het 'n bevel uitgegaan van keiser Augustus dat die hele volk getel moes word … Dit terwyl die stomende skaapboud, gebakte hoender, patats, rys en aartappels die toe vensters wasig maak. Want dit was die Dopper-gewoonte in die huishouding aan vaderskant: Alles moes toe wees vir die heiligste maal van die jaar.

Dopper-tafelmaniere was so streng soos dié van Ortodokse Jode: wit tafeldoek, groot lapservette, almal in kisklere. Dit in die Pretoriase hitte terwyl die jakarandas buite vrolik blom!

Die boerekos was heerlik soos net ouma Mart dit kon maak. Dan die gestoomde poeding – met tiekies in! Daardie tiekies is jaar ná jaar bewaar vir die doekpoeding met 'n lepeltjie brandewynsous vir elkeen. 'n Tiekie uit jou mond is plegtig aan Ouma teruggegee vir volgende jaar...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X