Jongensfontein se boekeskat

VAKANSIE-LEESPLESIER

Jongensfontein se boekeskat

Die boekeversameling in die supermarkie van die vakansiedorp Jongensfontein het DOUW KRÜGER tydens ’n onlangse kampeervakansie op ver paaie geneem.

KARAVANE, oftewel woonwaens, is ’n wesenlike deel van die Afrikaanse vakansiekultuur. In elk geval sedert Geert Jurgens in 1950 uit Nederland in Suid-Afrika aangekom en die woonwabedryf aan die gang gesit het.

Ek het nie met woonwaens grootgeword nie, maar was wel ’n ywerige kampeerder wat in ’n stadium ’n boswaentjie aangeskaf het. Dié het ons ’n paar maande gelede vir ’n groter en geriefliker boskaravaan uit die Jurgens-stal verruil.

Toe ons nou onlangs ’n paar dae lank vir vriende in Stilbaai gaan kuier het, was dit byna vanselfsprekend dat ons nie by hulle sou tuisgaan nie, maar met ons boskaravaan daar naby sou gaan kampeer. Die “daar naby” was Jongensfontein se kampeerterrein – ons eerste besoek aan hierdie gewilde en goed versorgde terrein van die Hessequa-munisipaliteit. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.