Funny how the smell of a Greyhound bus now smells like a fresh start to me. – “Leaving Normal”, Cowboy Junkies
TEEN die tyd dat ons in Noord-Carolina in ’n grys hond se maag klim, het ons reeds die meeste ander vorms van vervoer in Amerika aangedurf. Van San Francisco via Atlanta na die suide gevlieg; van die suide via New York na Connecticut in ’n trein gery; ’n kampeerwa in New Jersey gehuur en stukke van die befaamde Route 66 dwarsoor die vasteland gevolg en in ’n geel taxi in New York en Ubers van ander kleure in ander stede rondgerits. Ons het selfs op ’n rivierboot met ’n groot draaiende wiel op die Mississippi gevaar en San Francisco se befaamde kabelspoortrem teen die steilste bulte beproef.
Maar ek en die Fransman was nog nie saam in ’n Greyhound nie. En ek weet, sedert my eerste verblyf in Amerika ’n kwarteeu gelede, dat jy nie werklik kan spog dat jy deur hierdie uitgestrekte land gereis het as jy die legendariese Greyhound-busse vermy het nie. Dis waar jy die ander helfte van Amerika ontmoet, onthou ek van laas, your tired, your poor wat lank gelede deur die Statue of Liberty verwelkom is, die steeds groeiende getal have nots van wie almal deesdae verkies om weg te kyk. Op so ’n langafstandbus kan jy nie wegkyk nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.