Afrikaans, Hobhouse en rooibos in ’n Engelse hotel

REIS

Afrikaans, Hobhouse en rooibos in ’n Engelse hotel

In ’n spoghotel op die Engelse platteland kan jy rooibostee drink en teen die mure is foto’s van Emily Hobhouse se familie, ’n bekende filantroop in die Afrikaanse geskiedenis. ANDRÉ-PIERRE DU PLESSIS, ’n Suid-Afrikaanse expat, voel baie tuis in The Newt, die niggie van Babylonstoren in die Franschhoek-wynvallei.

OM ons tiende jaar saam te vier besluit ek om my wederhelf te verras met ’n luukse naweek op die Engelse platteland. Ek maak hom vroegoggend wakker sodat ons die tienuurtrein uit die Paddington-stasie kan haal. Dis ’n mistige Sondag in die middel van Januarie en die landskap buite ons venster is wit gekapok.

Waarskynlik omdat welgesteldes verkies om in hierdie soort weer tuis te bly, was ek gelukkig om ’n hotelkamer in die weelderige The Newt in Somerset bespreek te kry.

Oor hierdie hotel sal jy baie artikels aanlyn kry wat sy spoggerigheid en historiese aansien besing, selfs die 267 appelvariëteite waarvan alles van uitgedroogde skyfies tot gegiste sap geproduseer word. Waaroor jy nie sal lees nie, is die toewyding aan keurige Afrikaans wat ek nog nie tevore in ’n museumkonteks ervaar het nie. Maar meer hieroor later...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.