Die pad van kerriemaalvleis tot Pad Kra Pao

KOS

Die pad van kerriemaalvleis tot Pad Kra Pao

GERHARD GREYVENSTEYN kan nie sy ma se kerriemaalvleis gemaak kry nie. Die Thaise weergawe troos hom, maar laat hom terugverlang na ’n jaffelpan.

MY kerriemaalvleis smaak nie soos my ma s’n nie.

Ek is nie seker wat die probleem is nie. Ek het deur die jare op verskillende plekke al baie variasies en kombinasies probeer. Ek het byvoorbeeld gedink dat daai blikkie gemengde groente met wortel, ertjies en aartappelblokkies dalk die geheim is. Het dit probeer. Dit was nie die geheim nie. Of die Cartwrights-kerriepoeier? Het dit ook probeer. Maar nee.

Dit wil net nie smaak soos my kinderdae se kerriemaalvleis wat ons saam met Tastic-rys geëet het nie, met blatjang, rosyntjies, piesangskyfies en klappervlokkies. Kerriemaalvleis wat ons ook in vetkoeke gestop het, of in jaffels. O, jaffels! Wanneer laas het ek ’n jaffel geëet?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.