Kuns en wyn in die Tulbagh-vallei

PROE EN KYK

Kuns en wyn in die Tulbagh-vallei

MELVYN MINNAAR besoek Twee Jonge Gezellen, bespiegel oor die twee ‘oujonkêrels’, proe ’n pronkwyn en geniet die interessante Seeds of the Fig-uitstalling.

DIE twee kêrels met hul Jan van Riebeeck-uitrustings (veerhoede ingesluit) op die ou etikette het destyds al bietjie oudoos gelyk. Maar vir ons stoute oë was daar tog iets amusant, straks uitdagend aan die wuiwende arms van die Twee Jonge Gezellen van Tulbagh.

So ’n paar dekades gelede het almal die wyne van Twee Jonge Gezellen gedrink. Ons het bespiegel oor die oujongkêrels se doen en late in daardie mistige wyngeskiedenis van vroeg in die 18de eeu. In die misterie van die Kaap se wynstorie weet niemand tot vandag wie hulle regtig was nie.

Ons weet hulle was Hollanders wat in 1710 se omgewing die Kaap en die pragtige Tulbagh-vallei aangedoen het. Was hulle meer as boesemvrinne of was daar groter geheime agter die wynplaas met sy koddige naam wat een van die bekendstes in die Kaap sou word?..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.