Die hele wêreld bak kluitjies

KOS

Die hele wêreld bak kluitjies

GERHARD GREYVENSTEYN het sy eerste kluitjies aan moedersknie en uit Kook en geniet leer eet. As grootmens het hy uitgevind min of meer elke kultuur maak ’n weergawe van die kluitjie. In China het die sout weergawe sy hart gesteel. Hy vertel van sy drie gunstelinge.

“AS jy meer as vyf kluitjies op ’n slag in die kokende water skep, slaan party daarvan toe,” waarsku mev. S.J.A. de Villiers in Kook en geniet.

Die eerste prentjie wat by my opkom wanneer ek die woord “kluitjies” hoor, is iets uit my kindertyd. My ma en my ouma het dit gemaak. Souskluitjies. Gestoomde deegbolle in ’n suiker-en-kaneelstroop. Met vla. Of room, styfgeklop. Nagereg op Sondae. Almal het daarvan gehou, behalwe my pa, al het hy ’n legendariese suikertand gehad. “Proe soos tjoep,” was sy enigste kommentaar. Dis iets wat hy van sy pa geërf het, die woord “tjoep”. Al wat ek kan dink, is dat dit van die Engelse “tube” af kom, soos in “rubber tube”, soos in “chewy”? Kluitjies wat toegeslaan is, nie lig en fluffy nie. Tjoep.

Die Kook en geniet-resep is genoeg vir vier mense. Selfs al is elke sesde kluitjie toegeslaan, behoort elkeen darem so drie of vier te kan kry...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.