Rillers maak jou sterker (sê hulle)

RUBRIEK

Rillers maak jou sterker (sê hulle)

PIETER VAN DER LUGT vertel waar ’n ou rillertruuk, die wipskrik, vandaan kom en wat jy nou kan kyk as jy in ’n vreeslose bui is.

IEMAND volg haar, dink Alice, en sy begin vinniger loop. Sy is op pad huis toe ná ’n skelmvry met ’n getroude man wie se vrou vermoedelik in ’n panter kan verander (’n skaars kondisie). Dis laatnag op ’n verlate straat. Mis dwarrel en ál geluid is die klap van Alice se hakke. Sy is verlig wanneer sy by ’n bushalte aankom. SKIELIK is daar ’n gesis en gebrul en ’n bus bars voor die kamera in.

Daar het jy dit: Hollywood se eerste berekende, gerekende jump scare, in die 1942-fliek Cat People. Dit het die bynaam “die Lewton-bus” gekry ter ere van die prent se vervaardiger, Val Lewton, wie se idee dit was. Later is dit herdoop tot jump scare, wat ons miskien met wipskrik kan vertaal.

Fynproewers reken die ware wipskrik is iets wat jou onderstel van die bank lig omdat dit nie deel van die storie is nie en uit die bloute kom. ’n Klassieke truuk is ’n kwaai kat wat uit ’n donker hoek spring. Of die een met die spieël, waar iemand skielik agter die karakter verskyn...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.