Drome van vlieg, verlange van sneeu

RUBRIEK

Drome van vlieg, verlange van sneeu

Toe hy klein was, kon hy in sy drome vlieg en het hy hom aan sneeu verwonder; vandag neem vliegtuie hom na sneeubelewenisse, altyd nog met 'n bietjie bewondering, vertel FREDERIK DE JAGER.

DIE kleuter ek kry dikwels drome dat ek vlieg. Dit is aaklige, angsaanjaende drome: Ek lig van die grond, maar dis of die swaartekrag aan my gedermte vashou en dit uit my skeur. Onder wag die harde grond. Ek was nog nooit naby 'n vliegtuig nie. Niemand in ons gesin, of ons hele familie, was al ooit in een nie. Maar ek droom van vlieg.

Vir die res van my jare sou die vliegdrome terugkeer, hoe later hoe meer in vliegtuie, en al hoe avontuurliker. Boeings laag oor die grond in die stad, dwarsmaneuvers rakelings tussen wolkekrabbers deur, wonderbaarlike landings op leë erwe.

Maar die beste was my vermoë om vanself te vlieg, wat intussen 'n aangenaamheid sou word. Ek kon bloot staan en konsentreer en daar gaat ek die lug in. So werklik was dit, en so gereeld deel van my droombewussyn, dat ek later myself in my wakkertyd daarvan moes oortuig dat ek nie regtig kan vlieg nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.