Die stil kyk van Sofia Coppola

FLIEK

Die stil kyk van Sofia Coppola

In haar nuwe fliek raak dié veelbesproke regisseur aan ’n moeilike onderwerp: Priscilla en Elvis Presley se verhouding. PIETER VAN DER LUGT probeer beskryf hoe Sofia Coppola haar unieke perspektief oordra.

DIE eerste toneel van Sofia Coppola se nuwe prent, Priscilla, is ’n nabyskoot van twee voete met rooi toonnaels wat oor ’n wollerige pienk tapyt loop. Dis die voete van ’n fyn vrou of van ’n jong meisie. Sy trap versigtig. Is dit huiwering of geniet sy die weelde van die mat en die oomblik? 

In die volgende is sy besig om maskara en vals wimpers aan te sit. Sy maak haar gereed vir haar rol as Elvis Presley se plus een. Dan is daar flitse van uitspattige ornamente, meubels, slap karre en ’n hoop bewonderaarsbriewe. Dis ’n verbeelde Graceland – nie ’n replika nie – wat jou vroeg daaraan herinner dat jy alles uit Priscilla se perspektief gaan sien.

Skielik spring dit terug na 1959. In die Eagle Club op ’n Amerikaanse lugmagbasis in Wes-Duitsland sit die 14-jarige Priscilla Beaulieu en huiswerk doen. ’n Soldaat kom gesels en vra of sy vir die naweek saam met hom en sy vrou na Elvis se huis wil gaan. Hy is glo altyd bly om mense van “back home” te sien...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.