’n Vlug van Verdriet

DIE VINNIGSTE SANGVOËLS

’n Vlug van Verdriet

LIEN BOTHA skryf hoe begeesterd sy geraak het toe twee swaels hul intrek by haar huis neem, en die paaie in die kuberruim – en verder – waarop hulle haar gelei het.

LAAT laasjaar het twee grootstreepswaels onder ons afdak begin nes bou. Cecropis cucullata; broeiende somerbesoeker al die pad uit Angola, verbeel ek my. Ons is verheug, want vir jare reeds is dit iets waarop ons heimlik gehoop het, en summier word daar laer getrek aan die kant van die Indiese bygeloof dat sulke swewers gelukbringers is. Ave(s) Maria (met ’n kwetter wat klink soos water oor klippies) word hulle heilige 20 cm-simbole wat die onmeetbare kwade van 2023 moet help besweer.

Daar word geduik deur die kuberruim op soek na rigsnoere om seker te maak dat ons nie iets simpel sal aanvang om die broeipaar af te skrik nie. Onder meer, en tot ons verbasing, kom ons agter nie almal deel ons entoesiasme nie. Bird be gone (https://www.birdbgone.com/blog/swallows-invading-your-home-how-to-keep-them-away/) klink na ’n blog wat deur Donald Trump van stapel gestuur is, en ons hou verby. 

Volgens Wikipedia word swaels beskou as die beste en vinnigste vlieërs onder die sangvoëls (orde Passeriformes). Uit die onvolledige bou van die kraakbeenringe om die lugpyp en uit die fossielvondste van swaelagtige voëls uit die Eoseen (sowat 54 miljoen jaar gelede) word afgelei dat die familie waarskynlik baie oud is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.