Geagte Cyril, dís hoe om ’n beurtkrag-leier te wees

VAT DIE LEISELS

Geagte Cyril, dís hoe om ’n beurtkrag-leier te wees

Wat ons nou nodig het, skryf JONATHAN JANSEN, is dat ons land se leier opstaan, nederig om verskoning vra vir die hele gemors, en ons gereeld op hoogte hou van die plan en vordering om die land se elektrisiteitslewering weer op koers te bring.

HIER is sewe leierskapslesse te leer uit die fase 6-beurtkragkrisis.

Les nommer 1: Moenie die land te midde van ’n krisis verlaat nie

Ek gee nie om of dit ’n amptelike besoek aan Egipte of die begrafnis van die Dalai Lama is nie. As ’n leier is jou eerste verantwoordelikheid om tydens ’n krisis teenwoordig te wees. Ek bedoel nie net fisieke teenwoordigheid nie – dit help natuurlik dat jou mense voel dat jy in nypende oomblikke van duisternis (letterlik) tussen hulle is. Ek bedoel ook emosionele teenwoordigheid, dat jy verseker dat die mense sien jy beweeg tussen hulle, luister na hul bekommernisse en ja, ervaar ook hul woede...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.