Wil jy hê Cyril moet brul? Dink weer.

CORONA EN LEIERSKAP

Wil jy hê Cyril moet brul? Dink weer.

Die versugting na 'n president van staal is 'n misplaaste soeke na 'n alfa-kraagmannetjie, skryf PIET CROUCAMP. Boonop kan Ramaphosa se besluite nie deur 'n faksiefilter gedruk word nie.

DIE voortdurende aandrang in die media dat president Cyril Ramaphosa nou uiteindelik sy staal moet wys en leierskap toon, is 'n onnadenkende versugting na 'n alfa-kraagmannetjie wat aan sy ministers dikteer, die sweep klap by Luthulihuis en die nasionale uitvoerende komitee van sy party domineer.

Ons het al so 'n leier gehad: Thabo Mbeki. Tydens sy presidentskap is honderde duisende mense dood in die teenwoordigheid van die Grondwet, is die verhouding tussen die uitvoerende gesag en die wetgewers byna onherstelbaar gekorrupteer, en het patronaatskap as 'n permanente eienskap van ons politieke stelsel wortel geskiet.

Stel jou voor Suid-Afrikaners het die opsie om Ramaphosa met een van die ander prominente wêreldleiers – wat almal onder die vergrootglas is tydens hul pogings om hul lande deur die trauma van die coronavirus-pandemie te bestuur – te vervang. Daar is waarskynlik 'n beduidende groep Afrikaners wat enige dag die VSA se Donald Trump eerder as Ramaphosa sou kies, maar dit is waarskynlik ook dieselfde mense wat argumenteer dat swart regering en swak regering dieselfde verskynsel is. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.