Die raaisel van die EFF se Groot Stilte

MALEMA SE EFF-OP

Die raaisel van die EFF se Groot Stilte

Wat op aarde het van die EFF geword? Hulle stilte is deesdae oorverdowend. Maar Die Shandies Kom, sê ISMAIL LAGARDIEN.

ONS is in die middel van ’n pandemie waarvan die gelyke nie in meer as 100 jaar gesien is nie. Ons leef in ’n land met ’n klein politieke opposisieparty wat ’n opskudding in die politiek veroorsaak het, volgens baie nie op ’n goeie manier nie, deur ’n populisme wat ’n kru en taamlik absurde mengsel van Marxisme-Leninisme en uitdruklik regsgesinde fascisme is.

Die Economic Freedom Fighters (EFF) is ’n party wat floreer op retoriek, graag emosies opstook en beloftes maak wat hulle weet onmoontlik is om na te kom (dis óf dit, óf niemand in die party het rekenkundige vaardighede verder as ’n telraam nie). En soos hul beginsels dit duidelik stel: Hulle wil hê die staat moet alles besit en verdeel. Dis natuurlik ’n duidelike eggo van Benito Mussolini se stelling: “Alles binne die staat, niks buite die staat nie, niks teen die staat nie.” Dis ook deurtrek van Mussolini se politiek van wraak … maar hierdie is voorlopig alles afleidings.

Verrassend is dat die EFF sedert sy ontstaan baie geraas binne en buite die parlement gemaak het. Hulle het gevloek, geskel en gegil, joernaliste gedreig en minstens een keer ’n verslaggewer fisiek aangeval. Hulle rumoerigheid, manewales en ontwrigtende politiek het ’n paar keer veroorsaak dat hulle uit die parlement gegooi is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X