Skuif nader, maatjies, en word ’n aktivis!

BUIG DIE JONG BOOMPIES

Skuif nader, maatjies, en word ’n aktivis!

Met haar nuutste boek skakel die vooraanstaande Britse obfuskioloog Titania McGrath nog een van die briljante spreiligte aan waarmee sy deesdae so gereeld die voorheen duistere voetslaanpad na ware maatskaplik-ekonomiese gelykberegtiging vir ons almal verhelder, skryf C. LOUISE KORTENHOVEN.

KOM ons wees nou maar eerlik: Sonder ’n agtergrond in djenderstudies is dit in hierdie tye waarin ons leef feitlik onmoontlik om self korrek oor enigiets te dink – ons het leiding nodig. Korrekte denke is in elk geval nie genoeg nie; niks minder nie as aggressiewe aktivisme is al wat ons sal uitbring by die soteriologiese staat van absolute saligmaking wat ons almal op hierdie planeet se enigste doelwit behoort te wees.

Dit laat die vraag ontstaan: Hoe kan ons van meer mense aktiviste maak sodat ons eendag almal saam kan smul aan hierdie hiernamaalse soetgebak? Veral in die lig van die onderwysgaping, wat meer mense as ooit tevore in die geskiedenis ontneem van hul erfreg om behoorlik in djenderstudies onderrig te word? Waar gaan ons leiding vandaan kom?

In antwoord op dié vraag kom McGrath met My First Little Book of Intersectional Activism (https://www.amazon.com/First-Little-Book-Intersectional-Activism/dp/1472134273/) soos die spreekwoordelike (dog djender-neutrale) ridder op ’n immergrys perd tot die redding. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X