Die byl val vir Ace

SNOTKLAP

Die byl val vir Ace

Cyril Ramaphosa se posisie in die ANC is skielik aansienlik sterker. Onthoofde lyke lê nog in die strate van die Mosambiekse kusdorp Palma. En menseregte-aktiviste van oraloor treur oor Christof Heyns se dood.

MIDDERNAG Woensdag 28 April 2021. Poëties geplaas ’n dag na Vryheidsdag en twee dae voor Werkersdag. Dis die oomblik dat Elias Sekgobelo “Ace” Magashule uit sy kantoor as sekretaris-generaal van die regerende ANC moet wees.

Pres. Cyril Ramaphosa het toe ten einde laas Maandagaand die sneller getrek. Drie jaar en twee maande nadat Magashule aan geesgenote by ’n ANC-byeenkoms in KwaZulu-Natal gesê het mense moenie bekommerd wees nie, Ramaphosa sal gou as nuwe leier van die ANC uitgewerk wees.

Om ’n ou cliché van buitelandse korrespondente te gebruik wat nie mooi weet wat in die land waaroor hulle verslag doen, aangaan nie: Die implikasies is onduidelik, maar die ANC sal nooit weer dieselfde wees nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.