Straatmense, tente en plastiekskuilings – waar gaan dit heen?

DIALOOG ... EN AKSIE

Straatmense, tente en plastiekskuilings – waar gaan dit heen?

Woorde soos ‘boemelaars’, ‘plakkers’, ‘grondbesetters’, ‘bergies’ en ‘straatmense’ is lankal deel van ons woordeskat. Ons kort ’n oplossing wat in almal se belang is, straatmense én ander inwoners, sodat daar nie negatiewe gevolge vir almal is nie, skryf DOUW KRÜGER. Meer moet gedoen word.

DIE plastiekskuilinkies en tentjies wat oral op openbare terreine in ons omgewing opduik, is besig om ’n gesprekstema in die middelklaskringe en seker ook ander kringe te word. As Kapenaar wil ek my nie uitlaat oor ander dele van die land nie, maar dit blyk ’n groeiende verskynsel te wees op meer plekke as net in die Kaap.

Woorde soos “boemelaar”, “plakker” en “grondbesetter” is lankal deel van ons woordeskat. In die Kaap kom die woord “bergie” natuurlik ook by. Maar die begrip is nie beperk tot Suid-Afrika nie. In Duitsland is die woord “Obdachlose” (hawelose) goed bekend. In Nederland praat hulle van “zwervers” en “daklozen”.

’n Klompie jare gelede vaar ek in Hamburg met ’n boot onder ’n brug deur. Op die oewer was ’n paar tente en ’n paar mense. Rommelrig, hoewel minder rommelrig as wat ons hier in Suid-Afrika gewoond is. ’n Vrou het by ’n vullisdrom gestaan, ’n rubberband om haar arm gedraai, haarself ingespuit en daarna alles in die vullisdrom gegooi...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.