Jonathan Jansen is ’n internasionaal erkende kenner van opvoeding wat in 2009 die eerste swart rektor en visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat geword het. Hy is ’n gereelde bydraer tot koerante en is bekend vir sy menings oor transformasie, vreedsame versoening en eenheid.
BELASTINGSWAPE
Wat maak die staat met al ons geld?
Ag, geseënd sal jy wees dat jy so ruimhartig is, maar moenie dink jy gaan enigiets in ruil vir jou uitgebreide bydrae tot die nasionale fiskus kry nie, skryf JONATHAN JANSEN.
Deel
WAT gebeur as die mense wie se geld jy gebruik se geld op is? Dan begin jy kommerwekkende goeters doen om selfs nog méér geld uit die reeds papgeslaande burgers te suig.
Welkom by die Suid-Afrikaanse regering. Sy gunsteling-instrument is om die mense wat geld het se belasting op te stoot (587,593 + 45% van belasbare inkomste bo R1,656,600) om geld te genereer om vir die regering en sy projekte te betaal. Neem in ag dat daar omtrent die hele tyd betogings teen die regerende party is deur sy eie kamerade wie se salarisse nie betaal is nie. Wat 'n absolute vernedering. Waar is al die geld heen?
Nee, wag, jou regering is nog nie klaar nie. Sy grootste vrees is dat jy die netwerk verlaat en natuurlike energiebronne soos sonpanele begin gebruik as jou bydrae tot ’n groen ekonomie. Goeie burgerskap? Ja, maar nou is jy ’n bedreiging, want jy vat geld wat gewoonlik aan die staat se dienste oorbetaal word weg van hierdie honger bloedsuiers. Wat gemaak? Jy word geforseer om ekstra tariewe te betaal vir jou omgewingsbewuste optrede...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Taverne-tragedie: Dis tyd vir ware, harde vrae
Studente-eise is onbillik én gevaarlik
Die matriekuitslae ís ’n bloedbad, Angie
Ons onderwys is in gróót moeilikheid
Angie, erken die skooljaar is verby
Deel
-
Deel
Jonathan Jansen
OnderwyskennerJonathan Jansen is ’n internasionaal erkende kenner van opvoeding wat in 2009 die eerste swart rektor en visekanselier van die Universiteit van die Vrystaat geword het. Hy is ’n gereelde bydraer tot koerante en is bekend vir sy menings oor transformasie, vreedsame versoening en eenheid.