Ek wil my eie baas wees …

MOETS EN MOENIES

Ek wil my eie baas wees …

Werkloosheid in Suid-Afrika is op ’n skrikwekkende hoogtepunt. Omdat nood leer bid, is entrepreneurskap ook op ’n skerp opwaartse kurwe. Mense sonder enige agtergrond in die handelsbedryf begin ondernemings om te oorleef, soos ALI VAN WYK en Magriet Theron, twee eks-joernaliste, wat ses jaar gelede ’n mikro-onderneming gestig het. Ná ’n resessie én ’n pandemie is die saak winsgewend en dit groei. Ali deel ’n paar duur lesse en beginsels wat hulle geleer het.

NIE ek of Magriet, my vrou en sakevennoot, het tussen winkelrakke grootgeword nie. Ons het nie ’n druppel Indiese, Joodse, Griekse of Arabiese bloed in ons are nie. Geen kennis en wysheid oor kontantvloei, voorraadvlakke, winsmarges of krediet is oor generasies oorgedra nie.

My pa was ’n dominee en haar pa ’n siviele ingenieur. In my familie is handelaars gesien as meer “wêreldse” mense as byvoorbeeld staatsamptenare, onderwysers en predikante. ’n Lustige koop-en-verkopery is as net ’n bietjie beter as ’n bose gedobbel beskou. As kind het ek selfs gesukkel om vir die mense by wie ek koerante afgelewer het die intekengeld te vra. Sonde en afvalligheid was vriende van geld.

Boonop het ek en Magriet elkeen ’n BA-graad met vakke omtrent so relevant tot die handelswêreld as wat balletskoene op ’n beesplaas  nuttig is. Filosofie. Dramakunde. Engels...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.